Kanaal 7 het onlangs die finale van die ATKV Idioomstryd vir 2009 aangebied. Die kompetisie is deur Windhoek Hoërskool gewen. Cari Engels en Desiré Maartens van WHS het die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) se Mariëth van Wyk en Lorinda Viljoen met 46-39 verslaan. Die ATKV Idioomstryd is ‘n landwye kompetisie vir senior hoërskoolleerlinge. Bank Windhoek en Coca Cola het die trofeë en pysgeld geborg, asook koeldrank vir die spanne in die eindstryd. Hier is (v.l.n.r.) mnr. Dian Coetzee van Bank Windhoek, Desiré Maartens en Cari Engels van WHS, Lilian Theron van Kanaal 7 en Quinton Steele-Botes, wat as aanbieder opgetree het.
Comments
Post new comment