St. Paul’s oorheers Afrikaans Olimpiade

Olimpiade2.jpg

Nicola Pienaar van St Paul’s College was die top presteerder in vanjaar se ATKV Afrikaans Olimpiade in Namibië.
ST. Paul’s College het vanjaar uitstekend gevaar in die Afrikaans Olimpiade vir senior tweede taalleerlinge met 19 van die top 20 plekke in Namibië wat aan leerlinge van die kollege gegaan het. In 2004 en 2007 het St. Paul’sleerlinge die eerste plek in Namibië verower en vanjaar was dit weer die geval toe Nicola Pienaar die beste presteerder in die Olimpiade in Namibië was.

Die Afrikaans Olimpiade is een van die projekte wat jaarliks deur die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) aangebied word ter motivering van leerlinge wat Afrikaans as skoolvak neem. Dit bied aan leerlinge die geleentheid om hul kennis van Afrikaans op nasionale vlak te toets.

Namibië word deur die ATKV ingesluit as die een van die streke van Suid- Afrika vir die bevordering van Afrikaans. Die vraestel wat leerlinge in die Olimpiade skryf, is geskoei op die Suid-Afrikaanse leerplan vir Afrikaans. Leerlinge neem in verskillende kategorië deel naamlik senior leerlinge (graad 10 tot 12) eerste en tweede taal en junior leerlinge (graad 7 en graad 8).

Comments

Post new comment

  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Allowed HTML tags: <a> <em> <strong> <cite> <code> <ul> <ol> <li> <dl> <dt> <dd> <img> <a>
  • Lines and paragraphs break automatically.

More information about formatting options

CAPTCHA
This question is for testing whether you are a human visitor and to prevent automated spam submissions.
Image CAPTCHA
Enter the characters shown in the image without spaces, also respect upper and lower case.